‘n 65-jarige vrou is in haar huis in Parkview in Johannesburg vermoor nadat sy inbrekers in haar huis betrap het.
EWN berig dat die vrou Vrydag onverwags by haar huis gekom het toe sy die verdagtes betrap het. Sy is verwurg voor die rowers gevlug het. “Ons ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Die verdagtes het met juweliersware gevlug en ons het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur,” sê ʼn polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini.
Lees meer hier.
Het die vrou ‘n identiteit, ‘n naam, ‘n geskiedenis? Naamlose ‘mense’ sonder name word moeiteloos vermoor in Suid Afrika en die nuusmedia kan nie eers die moeite doen om vas te stel wat haar agtergrond was nie.
Haar naam was Rowena Murray Brown. Daar is talle nuusberigte wat dit en nog baie meer inligting oor haar bevat. Ek kon dit met een eenvoudige Google-soektog opspoor. Haar naam en ander inligting is gepubliseer ‘n paar dae nadat die aanvanklike berigte gepubliseer is.