Bejaarde vrou in Kroonstad doodgery

ʼn Bejaarde vrou is Maandagaand op die N1-deurpad in Kroonstad doodgery toe sy glo dié besige pad omstreeks 20:00 wou oorsteek.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het naby die Odendaalsrus-afrit gebeur. “Sy het voor ʼn voertuig beland, is deur die lug geslinger en is op slag dood,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.