Bejaarde vrou in rolstoel glo verkrag

Argieffoto

‘n 73-jarige vrou van Dominionville in Noordwes wat aan rolstoel gekluister is, is glo deur ‘n man verkrag.

Die vrou was glo alleen by die huis toe sy aangeval en verkrag is. “Bure het hul na haar huis gehaas toe hulle die honde hoor blaf het,” het kaptein Aafje Botman, woordvoerder vir die polisie, gesê. Die vermeende verkragter het gevlug voordat die bure opgedaag het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.