Bejaarde vrou met strykster gemartel, doodgeslaan

ʼn Bejaarde vrou is Woensdagaand met ʼn warm strykyster gemartel voor sy glo met dieselfde yster doodgeslaan is.

Beeld berig dat Johanna (Jo) Moore (78) se lyk gisteroggend in haar huis in die vakansiedorp Dullstroom aangetref is met erge brandwonde aan haar gesig en albei arms. Moore is ’n Suid-Afrikaanse burger van Noorse afkoms en het die afgelope 22 jaar in Dullstroom gewoon. Moore se tuinwerker, André Mlwazu, het haar Woensdagmiddag laas lewend gesien nadat hy by haar huis weg is. Mlwazu het Donderdagoggend onraad vermoed toe hy by haar huis aangekom het aangesien die tuinhek en ʼn deur van die huis oopgestaan het. Mlwazu en ʼn buurman het op Moore sy lyk in die spens afgekom. Die strykyster waarmee sy gemartel is, het langs haar gelê. Daar word glo geld uit die huis vermis.

Die polisie het mense met inligting oor die moord gevra om sers. Johannes Maseko by 082 318 9600 of 013 254 0141 of ao. Daniel Nkosi by 082 798 0659 te kontak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.