Bejaarde vrou nog soek wat glo twee babas ontvoer het

baba1Die polisie is steeds op soek na ʼn bejaarde vrou van Johannesburg wat na bewering verlede week twee babas ontvoer het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die 73-jarige vrou het na bewering verlede week twee seuns, onderskeidelik vier en 11 maande oud, van twee verskillende families in White City in Soweto ontvoer.

“Die vrou is vriende met albei families. Sy het verlede Donderdag aan die ouers gesê sy neem die kinders na ʼn geleentheid by ʼn kleuterskool in Roodepoort aan die Wes-Rand,” het Makhubela gesê.

“Ons volg alle leidrade op en is vol vertroue dat ons haar gou in hegtenis sal neem. Die vrou se selfoon is sedert Donderdag afgeskakel.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.