Bejaarde vrou se liggaam uit see gehaal

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn 66-jarige vrou is Sondagoggend by Bouldersstrand in Simonstad uit die see gehaal.

Darren Zimmerman, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se bevelvoerder by Simonstad, sê die vrou het in die see geswem toe omstanders sien sy dryf gesig ondertoe in die water. ʼn Omstander het haar uit die water gered waarna ʼn dokter wat op die strand was mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas het. Paramedici het later oorgeneem maar die vrou is op die toneel dood verklaar. Haar man is op die toneel deur paramedici bygestaan. Die vrou het glo hartprobleme gehad maar dit is nog nie duidelik of dit die oorsaak van haar dood was en of sy verdrink het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.