Bejaarde vrou slaan glo man met sambok dood

ʼn Sestigjarige vrou moet Maandag in die hof verskyn nadat sy glo Vrydag ʼn man met ʼn sambok doodgeslaan het.

Kaptein Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, sê die vrou is in die Mbutye-omgewing in hegtenis geneem. “Daar word vermoed dat die vrou en ʼn 75-jarige man ʼn uitval gehad het. Sy het hom met die agterkant van ʼn sambok geslaan. Hy is op die toneel dood,” het Jozana gesê.

Die vrou word van moord aangekla en moet in die Elliotdale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.