Bejaarde vrou sterf in brand

ʼn Bejaarde vrou het Woensdag in die vroeë oggendure gesterf na ʼn brand by haar woonstel in ʼn aftreeoord in Kleinmond, in die Wes-Kaap, uitgebreek het.

Sofia Rautenbach (87) se liggaam is in die badkamer van haar eenheid in die Kogelpark Aftreeoord gevind nadat ʼn brand daar omstreeks 01:30 uitgebreek en nege woonstelle in puin gelaat het.

Volgens kaptein Jakobus Martinus, die stasiebevelvoerder van die Kleinmond-polisie, het Rautenbach se buurvrou ʼn geskarrel gehoor en opgelet daar kom rook by haar eenheid uit. Sy het dadelik alarm gemaak. Die aftreeoord se personeel het tevergeefs probeer om Rautenbach te red en het die omliggende inwoners ontruim. Van dié inwoners is vir rook-inaseming behandel. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die inwoners wie se woonstelle gebrand het, het al hul besitting verloor.

Volgens Martinus is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie en is die polisie se forensiese-eenheid ingeroep om die oorsaak te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.