Bejaarde vrou sterf in huisbrand

ʼn 85-jarige vrou is dood nadat haar huis aan die brand geraak het op ʼn kleinhoewe in North Riding in Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê brandbestryders het die brandende huis binnegegaan waar hulle die bewustelose vrou gevind het. Hulle het haar uit die huis gedra waarna paramedici haar behandel het vir erge rookinaseming. Die vrou se toestand het vinnig agteruitgegaan en sy is op die toneel dood. Die vrou se twee honde het ook in die brand omgekom. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.