Bejaarde vrou verdrink in Paarl

Argieffoto

‘n Bejaarde vrou het Dinsdag omstreeks 09:30 naby die Paarl verdrink.

“Die vrou het in ‘n dam op die pad tussen Paarl en Newtown gedryf,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici kon die vrou uit die water haal, maar sy het reeds verdrink. Hulle het haar op die toneel dood verklaar.”

‘n Ondersoek sal gedoen word om uit te vind hoe die vrou verdrink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.