Bejaarde vrou verkrag

crime-scene-tape-320x191ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 78-jarige vrou in Taung, Noordwes.

Lesiba Kgwele, woordvoerder van die premier van Noordwes, sê die 31-jarige verdagte is Maandagaand by ʼn kroeg in hegtenis geneem. Kgwele sê die bejaarde vrou is omstreeks 14:00 Maandagmiddag verkrag terwyl sy vuurmaakhout bymekaar gemaak het. Hy sê die vrou het haar seun vertel wat gebeur het. “Lede van die gemeenskap is in kennis gestel waarna ʼn soektog na die man begin is.” Kgwele sê die verdagte sal Woensdag in die Taung-landdroshof verskyn. Thandi Modise, premier van Noordwes, sê dit is skokkend dat die beweerde verkragting op die eerste dag van die veldtog teen geweld teen vroue en kinders plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Dis snaaks dat die gemeenskap hom nie self onder hande gehad het nie.

Wat ‘n veragtelike daad teenoor ‘n vrou en dit daardie hoë ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.