Die liggame van twee bejaarde vroue is Woensdagoggend in ʼn huis in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.
Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die vroue, onderskeidelik 70 en 75 jaar oud, se liggame is deur ʼn familielid gevind. “Een van die bejaarde dames se bebloede liggaam is in die sitkamer gevind. Die ander vrou se liggaam is in een van die slaapkamers gevind. Die motief vir die moorde is nie bekend nie.” Makhubela sê die vroue het albei kopwonde opgedoen terwyl een van die vroue ook wurgmerke aan haar nek het. “Ons kan nie die moontlikheid dat hulle verkrag is uitskakel nie maar dit sal deur die ondersoek vasgestel word.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Daar is net geen einde aan hierdie barbare nie. Iets of iemand moet hulle stop. Die regering is useless.
Deesdae werk dit so die mense wat aangerand beroof of vermoor word het geen regte nie maar die blikskottel wat die misdaad pleeg het mense regte ek voel dat die dood straf moet terug kom n oog vir n oog se die bybel