Bejaarde vroue se lyke in huis gekry

crime-scene-tape-320x191Die liggame van twee bejaarde vroue is Woensdagoggend in ʼn huis in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die vroue, onderskeidelik 70 en 75 jaar oud, se liggame is deur ʼn familielid gevind. “Een van die bejaarde dames se bebloede liggaam is in die sitkamer gevind. Die ander vrou se liggaam is in een van die slaapkamers gevind. Die motief vir die moorde is nie bekend nie.” Makhubela sê die vroue het albei kopwonde opgedoen terwyl een van die vroue ook wurgmerke aan haar nek het. “Ons kan nie die moontlikheid dat hulle verkrag is uitskakel nie maar dit sal deur die ondersoek vasgestel word.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes vd Walt ·

Deesdae werk dit so die mense wat aangerand beroof of vermoor word het geen regte nie maar die blikskottel wat die misdaad pleeg het mense regte ek voel dat die dood straf moet terug kom n oog vir n oog se die bybel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.