Bejaarde wat doodbrand: Familie bring hulde aan ‘Ouma Souf’

Die familie van die bejaarde vrou wie Woensdagoggend in ʼn brand omgekom het, gaan hul ma en ouma onthou as ʼn vrou wie altyd daar was vir hulle en baie opofferings vir hulle gemaak het.

Sophia Rautenbach (86) het gisteroggend in die vroeë oggendure gesterf ná ʼn brand in haar woonstel in ʼn aftreeoord in Kleinmond, in die Wes-Kaap, uitgebreek het.

Rautenbach is op 23 Augustus 1925 gebore. Sy was die meeste van haar lewensjare bedrywig in Kroonstad se gemeenskap waar haar oorlede man, Allen, vir ongeveer 25 jaar stadsklerk was.

“Sy het haar plek as vrou in die gemeenskap volgestaan deur opheffings- en barmhartigheidswerk te doen. Sy het ook op verskeie komitees gedien maar as familie het ons haar as ‘n vrou, ma, ouma en groot ouma geken wat vir haar kinders altyd daar was en baie opofferings vir hul gemaak het. Ons rus in die wete dat haar aardse lewensjare hier geëindig het, maar haar ewige lewensjare nou ‘n volgende fase is,” het Nantie van Aswegen, ʼn kleinkind, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.