Bejaardes in vrieskas: Polisie maak deurbraak

Rudolph (Koffie) en Elma van Heerden van Belfast. Foto: Verskaf.

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die moordsaak op Rudolph (Koffie) en Elma van Heerden van Belfast.

Die egpaar is verlede week dood aangetref in ʼn vrieskas in hul huis. Snr.supt. Isaac Mahamba, metropolisie-woordvoerder, het gesê ‘n beampte van die Tshwane-metropolisie het Saterdag ʼn 18-jarige man in hegtenis geneem wat moontlik met die moord verbind word.

“Die man is in Mamelodi in hegtenis geneem. Hy was in besit van die egpaar se pistool wat tydens hul moord gesteel is,” het Mahamba gesê. Die metropolisie se hulp is ingeroep na ʼn voertuigopsporingsmaatskappy ʼn kaping aangemeld het. “Die man is in hegtenis geneem ná ʼn oor-en-weer-skietery met die metropolisie. Hy het by die polisiestasie skuld erken aan die Belfast-moorde en die vuurwapen is positief verbind aan die Van Heerden-egpaar,” het hy gesê.

Die verdagte moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van huisroof en  moord.

Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende aantal verdagtes het in die vroeë oggendure die egpaar (albei 79 jaar oud) in hul huis oorweldig. Die egpaar se huishulp het onraad vermoed toe sy omstreeks 08:00 by die huis opgedaag en gesien het die huis is geplunder. Sy het die buurman in kennis gestel, wat die polisie ontbied het. Die egpaar se liggame is vasgebind in ʼn toegesluite vrieskas in ʼn kantoor in hul huis aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico Strydom ·

Hi Marilé
Jammer daaroor, dit is ‘n tikfout wat deurgeglip het. Dit is reggestel. Jammer oor jou verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.