Egpaar op kleinhoewe in BFN aangeval

Pieter en Elsa Kolver van Bainsvlei naby Bloemfontein is Saterdag omstreeks 05:00 op hul kleinhoewe aangeval.

“Twee verdagtes het die slot in die agterdeur gebreek en op die paartjie afgekom waar hulle lê en slaap het,” het lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, aan Maroela Media bevestig. Die egpaar is onderskeidelik 58 en 55 jaar oud.

“Die verdagtes het die paartjie met toue vasgebind. Pieter is later in sy arm en maag geskiet. Elsa is veral in haar gesig ernstig aangerand,” het Mbambo verder gesê.

Die verdagtes het ‘n kluis met twee .38-rewolwers gesteel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die paartjie is by die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem. ‘n Woordvoerder van die Mediclinic het aan Maroela gesê die egpaar is steeds by noodgevalle, en hulle het baie seergekry. Die woordvoerder wou in die stadium nog nie verdere inligting bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Roes ·

Fokken diere!!!! Hulle Kak gaan nog kom !!! Hulle probeer ooral. Hulle self In force ,werke, sport, parliment , wil graag wees soos die wit man ,maar Hulle sal nooit dit bereik nie!! Hulle is nog nie eens mens nie. Hulle is paresiete!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.