‘Bekeerde’ dief vra om verskoning

Dee Samad met die briefie

‘n Man wat jare lank bier uit ‘n paartjie se yskas in hul erf gesteel het, het nou in ‘n briefie om verskoning gevra en sewe $20-note (sowat R1 300) vir hulle gelos.

Dee Samad (69) van Villa Hills in Kentucky, Amerika, sê hulle was verras dat iemand sou erken dat hy gesteel het en hulle vergifnis sou vra. “Ek sal hom graag wil ontmoet!” het Samad gesê.

In die briefie, gerig aan “Die huiseienaar”, staan daar geskryf: “Hiermee ‘n bedrag geld wat ek en my vriende julle skuld om julle terug te betaal vir al die bier wat ons uit julle kroegyskas by die swembad gesteel het.” Die “Villa Hills-inwoner” erken dat hy nie “eerlik genoeg” is om van aangesig tot aangesig om verskoning te vra nie, maar dat sy nuutgevonde geloof in Jesus Christus hom genoop het om hulle terug te betaal.

Samad sê die man is enige tyd welkom in hul huis, berig local12.com.

‘n Video met meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.