Adv. Jaap Cilliers is Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit.
Cilliers se voormalige hoëprofiel-kliënte sluit in dr Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier, berig Beeld.
Na wat berig word, het Cilliers uit die hof gestap nadat hy ʼn siviele saak afgehandel het. Hy het gevoel hoe iemand van agter teen hom vasloop en kort daarna ʼn steekpyn in sy boud gevoel. Hy is na ʼn dokter geneem wat bevestig het dat hy met iets ingespuit is. Cilliers is daarna na ʼn Pretoriase hospitaal geneem waar bloedtoetse gedoen is om vas te stel wat die vloeistof is.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.
– Sapa
Ek kan dit nie glo! Daar was al waarskuwings uit dat mens op die uitkyk moet wees wanneer jy in ‘n openbare plek gaan sit, vir naalde wat in die kussings ingeplant is of iemand stamp teen jou en spuit jou in en wragtag, hier gebeur dit sowaar. Waar gaan dit heen?? Ek vertrou die advokaat gaan nie iets ernstigs hiervan oorhou nie. O liewe Vader, waar gaan ons land heen?