Bekende akteur sterf

Johan en sy dogter Mart-Marie van der Merwe. Foto: Facebook

Die akteur Johan van der Merwe is Dinsdagoggend op ʼn 62-jarige ouderdom oorlede. Johan is sowat ʼn maand gelede in die hospitaal opgeneem ná ʼn hartaanval en dit het glo erge skade aan sy hartspier veroorsaak.

Johan het bekendheid verwerf vir sy rol as Jan in die reeks Nommer Asseblief. Hy is tans op die reeks Parys Parys op kykNET te sien as die karakter Oom Tjoppie.

Sy dogter Mart-Marie van der Merwe, het Dinsdag op Facebook gesê: “My pa jy was nog altyd my alles, my lewe en my liefde. Ek wens ek kon jou nog eenkeer vashou, nog eenkeer sê eks lief vir jou. Rus in vrede my pappa ek en Layla (haar dogtertjie) is lief vir jou altyd! Sê hello vir oupa.”
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.