‘n Musiekvideo waarin dié legende sy staal bewys volg onderaan die berig.
ʼn Bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler is Donderdag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 85 oorlede.
“Manie Bodenstein is vanoggend omstreeks 01:00 oorlede,” het Lidia Winchester, ʼn musiekpromotor aan Maroela Media gesê. Hy het by sy dogter in Mondeor, Johannesburg, gewoon waar hy die laaste vier maande bedlêend was.
Manie het van vroeg af in musiek belang gestel en het as agtjarige reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.
Van Manie se albums sluit in Deur Die Jare 1947 – 1996, Twintig Van Die Beste, Boeremusiek Treffers, Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek, Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek, Boeremusiek Vang Spoed, RSG se Gewildste en So Ry Die Boere, wat hy saam met Blackie Swart uitgebring het.
Sy begrafnisreelings is nog nie bekend nie.
En daar sterf nog ‘n legende. Rus in Vrede oom Mannie.
Manie, jy het ons eindelose vreugde en plesier verskaf met jou musiek.
Rus sag ou maat.
Sterkte aan die familie.
1 van die “REUSE” in die Boeremusiek bedryf.
Dankie vir jou bydrae tot die Suid Afrikaanse Boeremusiek skatkis.
My innige simpatie met die familie.
Rus sag en in vrede oom Manie, ons gaan jou goue vingers op die konsertina baaaaaie mis.
Rus sag Manie, jy sal gemis word deur almal wat jou musiek waardeer het, menigmale op die daans vloer. Aan die famielie ons innigemee gevoel met die afterwe van jul geliefde, Mag God jul troos en vertroos in die smartlike tyd.
Rip++ Oom Manie ons besef dat daar n groot leemte in boere musiek gelaat sal word, Maar daar is een troos dat jou musiek vir nog baie jare oor die radio en op cd`s en plate nog steeds sal voortleef in die harte van baie Suid Afrikaners wat `n liefde het vir boere musiek rus in vrede!!