‘Bekende’ dokter sterf na motor hom van fiets stamp

ʼn Bekende dokter van Pietermaritzburg is Saterdagoggend dood nadat hy op sy fiets gery het en deur ʼn motor raakgery is.

Volgens Paramedici van ER24 is die man baie bekend in mediese kringe. ʼn Woordvoerder, Andre Visser, sê die man het op sy fiets gery op die R623 buite Pietermaritzburg toe ʼn Mazda Drifter-bakkie hom getref het. ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeff Wicks, sê die impak van die botsing was baie groot en die man is van sy fiets afgegooi. Visser sê ʼn groep fietsryers het die ongeluk sien gebeur en het probeer om die man by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar. Die insittendes van die bakkie was erg getraumatiseerd deur die voorval maar is nie beseer nie. Die man se identiteit kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien sy naasbestaandes nog nie almal in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.