Bekende filantroop gekaap

Dr Imtiaz Sooliman

Die polisie is op soek na die mans wat Gift of the Givers se stigterslid, dr. Imtiaz Sooliman, en sy vrou Donderdagaand gekaap het.

Die paartjie is Donderdagaand buite hul huis in Pietermaritzburg aangehou nadat hulle van die lughawe teruggekeer het, berig EWN. Die paartjie is glo deur drie mans bestorm wat hulle gedwing het om uit die voertuig te klim. Die verdagtes het met hul voertuig en van die Soolimans se besitting weggejaag. Die paartjie is nie in die voorval beseer nie.

“Die verdagtes se voertuig is ʼn swart Toyota Corolla, die voertuig wat hulle by dr. Sooliman gesteel het, was ʼn BMW 325i,” het Joey Jeevan, woordvoerder van die polisie gesê. “Ons is op soek na drie verdagtes wat almal tussen 22 en 35 jaar oud is.”

Sooliman is bekend vir sy liefdadigheidswerk in Suid-Afrika en die buiteland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.