Bekende filmmaker sterf

Nora Ephron

Nora Ephron, ʼn Oscar-genomineerde veelskrywer en rolprentmaker, is Dinsdag op ʼn ouderdom van 71 oorlede.

CNN berig sy is in ʼn hospitaal in New York weens bloedkanker dood. Haar familie het haar bygestaan.

Ephron het bekendheid verwerf vir haar rol as draaiboekskrywer en regisseur van veral romantiese komedies. Lokettreffers soos When Harry Met Sally, Sleepless in Seattle en Silkwood is van die flieks wat, te danke aan haar, die lig gesien het.

Klik hier vir meer inligting. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.