
Die polisie en lede van die forensiese patologie verwyder Bronn se liggaam uit sy huis in Groenpunt. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA
Bruno Bronn (50) se hande was vasgemaak en hy het op sy rug gelê. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie maar die polisie sê hy het merke om sy nek gehad. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê Bronn se liggaam is omstreeks 8:45 Dinsdagoggend deur sy bediende gevind. Volgens berigte het Bronn ʼn paar gay-vriendelike nagklubs in Groenpunt besit waarvan Bronx en Navigaytion glo die bekendste was. Bronn se motor, selfoon en skootrekenaar word vermis. Bronn se lewensmaat is glo sowat drie jaar gelede dood en het hy sedertdien alleen in die huis gebly. Die polisie ondersoek die saak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
[…] Twee vas na moord op gayklub-eienaar Polisie soek dié man na moord op gayklub-eienaar Bekende gayklub-baas se lyk in huis gevind Gepubliseer in Hoofnuus, Nuus, Suid-Afrika | Sleutelwoorde bruno bronn, eienaar, kaapstad, moord, […]