Bekende gayklub-baas se lyk in huis gevind

Die polisie en lede van die forensiese patologie verwyder Bronn se liggaam uit sy huis in Groenpunt. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn Bekende nagklub-eienaar se liggaam is Dinsdagoggend in sy huis in Ocean View-rylaan in Groenpunt gevind.

Bruno Bronn (50) se hande was vasgemaak en hy het op sy rug gelê. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie maar die polisie sê hy het merke om sy nek gehad. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê Bronn se liggaam is omstreeks 8:45 Dinsdagoggend deur sy bediende gevind. Volgens berigte het Bronn ʼn paar gay-vriendelike nagklubs in Groenpunt besit waarvan Bronx en Navigaytion glo die bekendste was. Bronn se motor, selfoon en skootrekenaar word vermis. Bronn se lewensmaat is glo sowat drie jaar gelede dood en het hy sedertdien alleen in die huis gebly. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.