Bekende hartoorplantingspasiënt sterf

Paul John Thesen Foto: Facebook

Paul John Thesen Foto: Facebook

Paul John Thesen (48) van Knysna, wie se hartoorplanting die mediese beperkings van die apartheidsregering tot die uiterste beproef het, is in die Oos-Kaap oorlede, het die Saturday Star berig.

Thesen is Donderdag naby Alexandria dood aangetref in sy motor. Dit is nie bekend hoe hy dood is nie.

Paddy Chapple, vriend en eksekuteur van die boedel, het aan die koerant gesê dat Thesen Maandag in die hospitaal opgeneem is ná ʼn ongeluk met sy duinebesie. Nadat hy homself uit die hospitaal ontslaan het, was hy vermis totdat sy liggaam opgespoor is.

Thesen het tydens sy leeftyd drie hartoorplantings gehad. Een was sy eie en twee was skenkerharte. Die eerste een was van ʼn 13-jarige swart seun en die tweede een, drie jaar later, van ʼn jong wit meisie.

Chapple sê die skenker se ras was in daardie stadium betekenisvol, aangesien Thesen vier ure lank op die operasietafel gelê het terwyl die apartheidsregering oor die ras-kwessie besluit het. Die regering het besluit dat, sodra ʼn hart die liggaam verlaat, dit neutraal word en Thesen se klassifikasie kan wit bly.

Dr. Chris Barnard, die hartoorplantingsbaanbreker en sy broer, Marius Barnard, het die oorplantings behartig.

Thesen se oorspronklike hart word by die Groote Schuur-hospitaal se oorplantingsmuseum uitgestal.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsabe ·

Sterkte aan die gesin, familie en vriende van PJ.
Paar dinge in die berig wat ek nie verstaan: ‘… drie hartoorplantings, een was sy eie…’ en dan die laaste sin: ‘…sy oorspronklike hart… word … uitgestel.’
Sal maar wonder of my eie gevolgtrekkings maak.

jj els ·

Stem saam met jou….ongelukkig het ons hier te doen met elektroniese nuus. En hiermee moet ek aanneem dat Maroela nie proeflesers op sy redaksie het nie. By n gedrukte koerant sal daar nooit so n berig deurglip nie.

Justi ·

Ai, mens moenie so kla en mor nie. Gaan lees gerus op News 24 en presies dieselfde weergawe van die hartoorplantingspasient is daar.
Maroela , ek wil se dankie vir die gratis nuus waardeer dit.
Eienaardig genoeg sien die lesers net die foute raak wat soms deurglip. Dit is menslik om n fout te begaan.
Die berig het volgens my mening geen,”fout” nie.

Pompies ·

Justi, hoe noem jy so ‘n fout, ‘n “menslike fout???????” Een hart oorplanting sy eie?????? Ek wonder net hoe dit gebeur het……..sy eie hart uit gehaal en weer teruyg gesit??????? Dit sal die wereld Triljoene Dollars spaar as dit gedoen kan word, want dan hoef niemand weer vir skenker organe te wag nie……………..!!!!!!!!!!!!!!!!

Justi ·

Pompies, jy is seker n baie dramatiese mens? Al daardie ???? En !!!!! Skep daardie indruk by my.
Gaan lees gerus weer wat presies ek getik het. Dan gaan lees jy ook die ander nuus blad waarvan ek gepraat het.
Ek bly by my standpunt.

Eksenet ·

Ons is nou by Maroela Media en nie by N24 nie. Lees wat die berig se, dan sal jy sien daar word gese die een oorplanting is sy eie hart. Kyk mooi voor jy wil klippe gooi, of soos Peter se, “Vonkelwyn Laat Jou Struikel,” want tot ek kan uitmaak wat die persoon daar probeer se het, naamlik “YOU DEFINATELY NEED A CLEANEX.” Ai, siestog.

Myself ·

Hi Justi, I love reading all tje comments and I think you definately need a Cleranex.

AmY ·

Die glipsie in die berig het my eintlik lekker laat glimlag. Ek moes natuurlik die berig twee maal lees om te kyk waar het ek die deel van die derde hartoorplanting gemis. Maar ek is seker die berig moes lees harte en nie hartoorplantings nie. Hy het drie harte in sy lewe gehad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.