Bekende Hollywood-akteur dood aangetref

Phillip Seymour Hoffman. Foto: Facebook

Phillip Seymour Hoffman. Foto: Facebook

Videogrepe van die akteur se uitnemende toneelspel volg onderaan die berig. Die Oscar-bekroonde akteur Philip Seymour Hoffman is dood aangetref in ‘n woonstel in Manhattan, New York.

Hoffman was 46 jaar oud. Volgens die Wall Street Journal is Hoffmann in die woonstel op die vierde vloer se badkamer aangetref en was daar ʼn naald in sy arm gevind. Hy is glo aan ʼn oordosis heroïne dood. Die polisie kon dit egter nie bevestig nie en sê die oorsaak van sy dood word ondersoek. Hoffman se liggaam is omstreeks 18:15 Suid-Afrikaanse tyd deur ʼn draaiboekskrywer aangetref waarna die polisie ontbied is. Die aankondiging van sy dood kom ʼn dag nadat sy agent internet gerugte dat hy dood is ontken het.

Hoffman is verskeie kere vir ʼn Oscar benoem vir onder meer sy rolle in The Master, Doubt en Charlie Wilson’s War. Hy het in 2005 ʼn Oscar gewen vir beste akteur vir sy rol in Capote. Hy was onlangs te sien in die rolprent Hunger Games: Catching Fire. Hy is ook bekend vir sy uitnemende toneelspel in rolprente soos The Big Lebowski, Mission Impossible III, Along Came Polly en The Talented Mr. Ripley.

Hoffman word oorleef deur sy lewensmaat en hulle drie kinders.

‘n Videogreep van Philip Seymour Hoffman in Along Came Polly volg onderaan die videogreep uit Capote.
http://youtu.be/mwpVqRLsVSI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Waarom is dit dat mense so baie geld en talent het, maar hulle wend hulself na dwelms en voorskrif-medikasie? Geld bring werklik nie geluk nie. Sterkte aan sy familie en vriende.

Elmarie ·

Hoeveel Hollywood akteurs en bekende sangers moet nog aan oordosis sterf voordat hulle sal besef dis gevaarlike goed om mee te speel? Dink julle moet lys maak van hoeveel akteurs en sangers en ander beroemdes dood is aan oordosis dwelms en hoeveel van hulle (veral Suid Afrikaners) selfmoord gepleeg het. Miskien is dit wat nodig is in advertensie teen dwelms. Dalk luister mense as hulle met die volle realiteit getref word. nou hoor hulle dit een een en dit maak nie genoeg impak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.