Bekende in rugbykringe se seun op plaas geskiet

Peter-John Hassard. Foto: Facebook

Peter-John (PJ) Hassard, ʼn boer van Silvasands Safaris en seun van Peter Hassard, is Dinsdagoggend op sy plaas naby Hluhluwe in KwaZulu-Natal aangeval en geskiet. Peter Hassard is die voormalige president van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie.

ʼn Familievriend het Dinsdag aan Maroela Media gesê vyf mans het sy werkers op die plaas oorval en aangehou. “PJ is deur die mans aangeval toe hy sy werkers die oggend gaan oplaai het. Die aanvallers het hulself as sy werkers voorgedoen en wou hom glo van sy voertuig roof,” het die vriend gesê.

PJ is een keer in die middellyf geskiet. Hy het hom egter teen sy aanvallers verset en teruggeveg. Hy het daarin geslaag om die aanvallers se vuurwapen af te neem, waarna hulle gevlug het. Hy het homself na ʼn dokter bestuur, waarna hy na ʼn hospitaal in Richardsbaai gehaas is.

Volgens PJ se suster, Sandra Hassard-Trethewey, is haar broer stabiel. Sy het omstreeks 11:00 op Facebook geskryf: ”PJ is uit die teater, sy lewer is beskadig. Hou hom asseblief in julle gebede, hy het dit nodig.”

Boere van die gemeenskap en die Hluhluwe-polisie is nog op soek na die aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Coenraad ·

Dankbaar hy lewe.Hulle is n klomp slapgat barbare-val altyd aan in trop!Dit is net weer n bewys dat jy nie moet ingee ne gaan le nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.