Bekende Kaapse pastoor en vrou geskiet

Ivan Waldeck. Foto: Facebook

Ivan Waldeck (45), ʼn bekende pastoor van die Kaapse Vlakte, en sy vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle in Bellville geskiet is.

Waldeck is vyf keer in sy bolyf geskiet en twee keer in sy bene, het die Cape Times Maandag berig.

Sy vrou is in die kop geskiet. Dan Plato, LUR vir gemeenskapveiligheid, het gesê Waldeck behoort volkome te herstel, maar sy vrou is in ʼn kritieke toestand.

Die paartjie is Sondag geskiet toe hulle by ʼn verkeerslig in Modderdagweg gestaan het. Waldeck is die voorsitter van die Wes-Kaapse gemeenskapsuitreikingsprojek.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het versoek dat enigiemand wat die skietery gesien het, met die polisie in verbinding sal tree.

Die skietvoorval volg meer as ʼn maand nadat Albern Martins, ook ʼn pastoor van die Kaapse Vlakte wat bekend was vir sy werk om vrede tussen bendes te bewerkstellig, op 1 Maart doodgeskiet is.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.