Bekende kameraman Dudley Saunders sterf

Dudley Saunders Foto: Dudley Joubert, Facebook

Dudley Saunders Foto: Dudley Joubert, Facebook

Dudley Saunders, die voormalige veteraan-kameraman vir die SAUK, is Maandagmiddag oorlede nadat ʼn trein hom getref het terwyl hy kamerawerk vir BBC in Soweto, Johannesburg, gedoen het, berig die SAUK.

Saunders was jare lank in die mediabedryf en was betrokke by ʼn hele aantal projekte van Special Assignment van die SAUK, Carte Blanche van M-Net en die BBC.

Saunders is in Augustus 2011 met klippe bestook toe Julius Malema se ondersteuners en die ANC-jeugliga amok gemaak het. Die kamera het bly rol al is hy beseer.

In 1993 is hy ernstig beseer in Sharpeville en hy is uiteindelik in die hospitaal opgeneem nadat hy met ʼn mes aangeval en aangerand is deur ʼn groep van 30 mense. Hy het in daardie stadium vir CCV (TV4 van die SAUK ná die naamsverandering) gewerk. Die verslaggewer wat saam met hom was, het doodgebloei, berig teeveetee.

Hy is in die ouderdom van 45 oorlede.

Hy was die seun van oud-SAUK-joernalis Cliff Saunders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kraalmuur ·

So jammer om dit te verneem. R.I.V. Dudley. Sterkte aan die Saunders gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.