Bekende kapelaan se broer sterf in vragmotorongeluk

‘n Vragmotorbestuurder is Donderdagmiddag dood nadat sy voertuig op die R74 naby Harrismith in die Vrystaat gerol het.

Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die vragmotor, wat vleis vervoer het, het op die ryvlak gegly en die pad blokkeer. Die bestuurder was vasgevang in die wrak en het op die toneel gesterf.

Volgens die broer het die ongeluk Donderdag net voor 12:00 by Little Switzerland plaasgevind. “Met die bietjie inligting wat ons tans het, lyk dit of sy trok se remme onklaar geraak het daar reg by Little Switzerland anderkant Harrismith. Hy is glo die pas af en het onder teen die berg vasgejaag. Ons wag nou vir meer inligting,” het die broer op Facebook laat weet. Die broer is ‘n reserwemag kapelaan by Suid Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste (SAMHS).

Maroela kan egter nog nie die oorledene se naam bekend maak voor ons bevestiging ontvang het dat al sy naasbestaandes in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.