Bekende koordloper sterf

Henri Rechatin by die Niagara-valle

Henri Rechatin by die Niagara-valle

‘n Video van een van Henri se balanseertoertjies volg onderaan die berig. Henri Rechatin, die bekroonde koordloper wat die Alpe, die Grand Canyon en Niagara-valle op ʼn spankoord trotseer het, is oorlede.

Rechatin, beter bekend as “Henry’s”, het een keer op die sweefspoor geloop wat kabelkarretjies na die spits van die Aiguille du Midi in die Alpe neem. Hy is veral bekend in Frankryk nadat hy ses maande lank bo-op ʼn spankoord oor ʼn supermark in sy tuisdorp, Saint-Etienne, gebly het.

Maurice Vincent, ʼn senator en burgemeester van Saint-Etienne, het gesê Henry’s is Vrydag in die ouderdom van 82 oorlede.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.