Bekende krieketskrywer het glo selfmoord gepleeg

Die bekende krieketskrywer Peter Roebuck, wat Saterdagaand dood gevind is in ‘n hotel in Claremont in Kaapstad, het glo selfmoord gepleeg.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, sê die omstandighede rondom Roebuck se dood is nog nie duidelik nie maar hulle vermoed dat hy selfmoord gepleeg het. Roebuck, wat in Brittanje gebore is, se liggaam is omstreeks 21:15 Saterdagaand gevind.

Die 55-jarige Roebuck was in Suid-Afrika om verslag te doen oor die toetstreeks tussen die Proteas en Australië wat vroeër die week begin het.

Roebuck het ook krieket gespeel voor hy daaroor begin skryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.