Bekende natuurbewaarder sterf in brand

Rita Miljo Foto: CARE

Rita Miljo (81), stigterslid van die Suid-Afrikaanse bobbejaanreservaat, het Vrydagaand in ‘n brand by dié reservaat omgekom.

Karl Pierce, ‘n direkteur van die rehabilitasiesentrum, Care (Centre for Animal Rehabilitation and Education), het Saterdag aan die Associated Press gesê Miljo het in haar woonstel gesterf, berig IOL. Haar woonstel was bo-op die reservaat se kliniek. Volgens Pierce het die eerste bobbejaan wat sy gered het, Bobby, en twee ander saam met haar in die brand gesterf. Die brand het Vrydagaand by dié reservaat in die Limpopo-provinsie uitgebreek.

Die kliniek, kantore en ‘n huis op die perseel het afgebrand. Niemand anders is in die brand beseer nie. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.