Bekende paleo-antropoloog sterf

Foto: bookslive.co.za

Emeritusprof. Phillip Tobias, ‘n bekende paleo-antropoloog en een van Suid-Afrika se mees gevierde wetenskaplikes, is Donderdagoggend op ʼn ouderdom van 86 ná ‘n lang siekte oorlede.

Anthony Paton, woordvoerder van Gauteng Toerisme-owerheid, het gesê Tobias het ná ‘n drie maande lange siekte by die Wits Donald Gordon-mediese sentrum in Johannesburg gesterf.

Tobias het ‘n lewenslange passie vir die studie van die mens en die menslike afkoms gehad. Hy is op 14 Oktober 1925 in Durban gebore en was drie keer vir ʼn Nobel-prys genomineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.