Bekende prediker en skrywer sterf

dr willie maraisDr. Willie Marais, ‘n bekende predikant en skrywer, is Sondagoggend in die ouderdom van 84 oorlede. Hy het aan Parkinson se siekte en kanker gely.

Marais is op 5 Mei 1929 in Christiana, Noordwes, gebore. Hy is die skrywer van verskeie boeke en artikels en het tydens sy bediening by sewe gemeentes as predikant bedien. Hy het ook in ‘n stadium ‘n radioprogram op Radiokansel aangebied.

Volgens die webwerf eeds.co.za is hy reeds van kindsbeen af geroep vir die taak van evangelis en predikant, maar moes eers self deur Jesus Christus gered word en tot bekering kom. Klik hier om na van sy praatjies en sy getuienis te luister.

Wessel van Vuuren, wat een van Marais se gemeentelede was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Marais was een van die beste predikante wat die land ooit gehad het.

Marais en sy vrou, Maryna, het voor sy afsterwe in Huis Herfsblaar in Pretoria gewoon. Hy laat sy vrou, drie kinders, vyf kleinkinders en vier agterkleinkinders agter. Sy begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wessel van Vuuren ·

Ek en my vrou het die voorreg gehad om ‘n paar keer by Dr Willie aan huis te kom toe hy predikant by die twee toring kerk in Bloemfontein was. Jy kon letterlik ure lank na hom luister sonder om verveeld te raak. Hoe hy die Bybel geken het, was net ongelooflik. Hy het die een na die ander vers uit die Bybel aangehaal sonder om een keer sy Bybel oop te maak. Ons sal hom nooit vergeet nie en ons wens sy naasbestaandes alle sterkte toe.

Heidi ·

Wat ‘n besonderse en merkwaardige dienaar van God was hy nie. Rus in vrede oom Willie. Sterkte en shalom aan sy eggenote, kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders en ander familie.

Pierre Saaiman ·

KAN IEMAND BEVESTIG WAAR EN WANNEER DRWILLIE WARAIS SE BEGRAFNIS IS, ASSEBLIEF

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.