Bekende revolusionêr sterf

Dr Neville Edward Alexander is Maandag in die ouderdom van 75 oorlede.

Alexander was ‘n voorstander van ‘n ​​veeltalige Suid-Afrika en ‘n voormalige revolusionêr en struggle-digter wat tien jaar saam met oud-president Nelson Mandela in die tronk op Robbeneiland was. Hy is in 1963 in hegtenis geneem en ʼn jaar later skuldig bevind aan sameswering om sabotasie te pleeg.

Nadat hy vrygelaat is, het hy pionierswerk gedoen van die taalbeleid en -beplanning in Suid-Afrika sedert die vroeë 1980s.

Sy vriend Jonathan Jansen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het Maandag op Twitter geskryf: “One of South Africa’s few true revolutionaries just died; activist and intellectual, Dr Neville Alexander.” [Een van Suid-Afrika se min ware revolusionêre is pas oorlede; aktivis en intellektueel, Dr Neville Alexander.]

Hy is by sy huis in Grassy Park op die Kaapse Vlakte dood nadat hy ‘n paar maande gelede met kanker gediagnoseer is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius Buys ·

Ek kan eerlikwaar sê dat ek NIE sy heengaan berou nie. Sy taalbeleid het die Afrikaanse taal baie skade gedoen.

alleman ·

Ai Marius watter taalbeleid praat jy van? Dr Alexander was ‘n akademikus, en nie deel van die regering nie. Hy het nie taalbeleid gemaak nie, maar was ‘n voorstander van veeltaligheid.

Sy soort veeltaligheid het ‘n plek vir Afrikaans en elke ander Suid-Afrikaanse taal – so anders as die ANC se onuitgesproke taktiek van verengelsing.

Ons behoort hom te vereer.

Lees gerus ook wat het Gerrit Brand oor hom geskryf:
http://blogs.litnet.co.za/gerritbrand/oor-neville-alexander-met-sy-verjaardag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.