Bekende SA biograaf sterf

Prof J.C. Kannemeyer. Foto: www.sun.ac.za

Een van Suid-Afrika se mees bekende biograwe en letterkundiges, prof J.C. Kannemeyer, is Sondag aan ʼn beroerte in Stellenbosch oorlede.

Kannemeyer (72) was ʼn buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het onder meer die lewensverhale geskryf van C.J. Langenhoven, Louis Leipoldt, D.J. Opperman en Uys Krige. Volgens berigte het hy enkele dae voor sy dood ʼn biografie oor die Nobelpryswenner J.M. Coetzee voltooi.

Kannemeyer is op 31 Maart 1939 in Robertson in die Wes-Kaap gebore. Hy het by die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy het onder meer by Wits Universiteit, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Johannesburg en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.