Bekende TV-aanbieder sterf

Marjorie Brooks-Morris

Voormalige SAUK radio- en televisiepersoonlikheid, Marjorie Brooks-Morris, het Dinsdagaand gesterf.

Na bewering het sy Dinsdagaand selfmoord gepleeg. Brooks-Morris het in die 70s as ‘n aanbieder op Radio Port Natal (nou East Coast Radio) haar loopbaan begin. Sy het ook die nuusberigte voorgelees en was glo vlot Afrikaans en Engels. Sy het veral bekendheid verwerf as aanbieder van Goeiemôre Suid-Afrika. Sy het ook talle liefdadigheidsgeleenthede organiseer en was ‘n beoordelaar van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in 1993. “Ons is almal geskok want niemand van ons het verwag om haar in só jong ouderdom te verloor nie. Sy was vriendelik en vrygewig en het ‘n wonderlike humorsin gehad,” het Judy Sandison van die SAUK gesê. Brooks-Morris was in haar vroeë 60s.

Sy word oorleef deur haar man, dr. Warwick Morris, ‘n plastiese sjirurg in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dapper ·

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan.

Rus in Vrede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.