Bekende Van Gogh-skildery beskadig

Die beskadigde dele met wit vierkante gemerk.

Wetenskaplikes wat X-strale ingespan het, het agtergekom dat vernis wat oor van Gogh se bekende “Blomme in ‘n blou vaas” aangewend is, die skildery beskadig. Vernis is juis oor skilderye aangebring om dit te beskerm.

Kenners het opgelet dat van die helder geel in die skildery grys begin word en begin kraak het.

Met die ondersoek is ook vasgestel dat van die verf in die vernis opgeneem is, en dus nie verwyder kan word nie.

Van Gogh self het nie daarvan gehou dat sy skilderye met vernis behandel is nie, maar na sy dood is talle van sy werke wel behandel.

Die wetenskaplikes meen nie ander werke van Van Gogh loop noodwendig dieselfde gevaar om so beskadig te word nie, en dat dit net die vernis is wat op die spesifieke skildery gebruik is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.