Bekende ‘voëlman’ Phil Hockey sterf

Phil Hockey Foto: Percy Fitzpatrick Institute of African Ornithology

Phil Hockey, die direkteur van die Percy Fitzpatrick Instituut van Afrika Ornitologie in Kaapstad, is Donderdag ná ‘n lang siekbed oorlede.

Hockey, in sy 50s, het al maande lank keelkanker, berig OFM. Mark Anderson, die hoof uitvoerende beampte van BirdLive SA, het aan OFM gesê Hockey was ‘n toegewyde en kundige ornitoloog. “Hy laat ‘n geweldige nalatenskap van wetenskaplike kennis en het alle natuurbewaarders opgelei,” het Anderson gesê.

Hockey is in Engeland gebore en het sy graad by die Edinburgh Universiteit behaal. Hy het in 1979 na Suid-Afrika verhuis en sy doktorsgraad in 1983 by die Universiteit van Kaapstad behaal.

Hy was ook medeskrywer van die topverkoper, Sasol Birds of Southern Africa, en mederedakteur, saam met Richard Dean en Peter Ryan, van die sewende uitgawe van Roberts Birds of Southern Africa.

Hy is in Julie 2008 as direkteur van die Percy Fitzpatrick-instituut aangewys.

Hy word oorleef deur sy vrou, Samantha, en sy ma en suster wat nog in Engeland bly. Die begrafnisbesonderhede is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.