Bekende wildsveearts glo by renosterstropery betrek

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Bekende renosterkenner en voormalige hoof van die Krugerwildtuin se wildvangseenheid, Dr Douw Grobler, is verlede week in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met renosterstropery.

The New Age berig dat Grobler verlede week Woensdag by sy huis in Skuitbaai buite Port Elizabeth in hegtenis geneem is in verband met ʼn ondersoek teen die omstrede beroepsjagter en safari-operateur, Hugo Ras. Grobler is na Gauteng gebring waar hy in die Pretoria Noord-landdroshof verskyn het en op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Geen aanklagte is teen Grobler aanhangig gemaak nie. Die saak is uitgestel tot 28 Februarie vir verdere ondersoek. Volgens The New Age is Grobler glo in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige verspreiding van geskeduleerde medisyne, soos verdowingsmiddels wat algemeen gebruik word deur renosterstropers. Ras is in Augustus vanjaar in Magalieskruin, noord van Pretoria, in hegtenis geneem weens die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hy is ook vroeër verskeie kere in hegtenis geneem weens die oortreding van die land se natuurbewaring- en doeanewette. Hy is ook vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Lees die storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.