Bekendes eis van kykNET oor beweerde laster

Twee bekendes dagvaar volgens berigte vir kykNET weens beweerde laster wat glo op die skinderprogram Tonge Los plaasgevind het.

Beeld berig dat die aktrise en kabaretster Elzabé Zietsman R250 000 eis van kyk­NET en die drie aanbieders van die program. Haar suster het ʼn soortgelyke eis ingestel. Zietsman voer aan dat Tonge Los die indruk geskep het dat haar seksuele voorkeure “wisselvallig van aard is.” Haar suster, Martie Schoeman, eis R100 000 van dieselfde partye nadat die aanbieders glo gesê het dat Zietsman as surrogaatma vir haar suster sou optree maar dat dit nie gebeur het nie aangesien hulle ʼn uitval gehad het. Die program is op 12 Februarie 2010 uitgesaai. Intussen word daar berig dat die rolprentvervaardiger FC Hamman en sy vrou, Annie, kykNET vir R2 miljoen dagvaar weens bewerings op Tonge Los dat Annie ’n pornografiese webwerf bedryf. Die aanbieders van Tonge Los was Loui Fish, Eagan Williamson en Gavin Prins. Die uitsending van die program is reeds gestaak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.