Bekendes en berugtes se tikmasjiene uitgestal

Een van die tikmasjiene op uitstalling

Een van die tikmasjiene op uitstalling

Tikmasjiene wat aan bekende persone behoort het, word tans in ‘n galery by ‘n universiteit in Amerika uitgestal.

Tennessee Williams, Ernest Hemingway, John Lennon en die “Unabomber” Theodore Kaczynski se tikmasjiene sal ook in die uitstalling by Northeastern University te sien wees. ‘n Uittreksel van Tennessee Williams se toneelstuk “The Glass Menagerie” sal ook uitgestal word.

Bruce Ployer, kurator van die kampus, het gesê die uitstalling bied ‘n kykie in die lewens van die voormalige eienaars van die tikmasjiene. Die uitstalling is tot 25 September oop.

Klik hier vir meer inligting. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.