Bekendes sing saam vir rekordpoging

Sangers soos Kurt Darren en Joe Niemand gaan Dinsdag deelneem aan 'n rekordpoging waar 20 miljoen Suid-Afrikaners vir Madiba die liedjie, Happy Birthday, sal sing.

Kurt Darren, Chris Chameleon en Joe Niemand is van die sangers wat Dinsdag saam met verskeie ander bekendes die liedjie Happy Birthday aan voormalige president Nelson Mandela sal sing.

LeadSA, ʼn burgerlikedeelname-groep, hoop om ʼn wêreldrekord te breek deur meer as 20 miljoen mense te kry om dié lied vir Madiba te sing voor sy 94e verjaarsdag op 18 Julie.

Van die ander bekendes wat ook op dié dag sal sing is die Bala-broers, Yvonne Chaka Chaka, Baby Jake Matlala, Mej SA Melinda Bam, van die Mej Aarde finaliste, Joey Rasdien, Leanne Manas, die Drakensbergse seunskoor, Cito, die SA Ballet teater, die Absa-koor, Liquid Deep, Louise Carver, Jen Su, Denim en Die Kat se Snor. Danny K en Kabelo sal die liedjie lei.

“Ons nooi elke Suid-Afrikaner om hulle stem by die liedjie te voeg. Elkeen wat wil deel wees van die poging moet Dinsdagoggend om 09:00 by die Nelson Mandelplein in Sandton wees vir die opname van die liedjie, asook ʼn musiekvideo,” het Yusuf Abramjee, woordvoerder vir LeadSA, gesê.

Die video sal op 18 Junie bekendgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.