Bekendes treur saam Waldemar Schultz en Ira oor seun se dood

Huldeblyke en boodskappe van ondersteuning stroom in vir Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, en sy vrou Ira Blanckenberg, oftewel Erika Landsberg ook van 7de Laan, nadat hul 14-jarige seun, Kieran, die naweek per ongeluk na sy dood geval het.

Maroela Media het Saterdag berig Kieran is dood nadat hy van ʼn uitkykpunt in Hermanus gegly en geval het. Lees meer hier.

Die nuus het skokgolwe deur die land gestuur en talle aanhangers het hul medelye op Twitter en Facebook uitgespreek.

Verskeie bekendes het ook hul ondersteuning aan die egpaar op Twitter betuig.

Die model Lee-Ann Liebenberg het getwiet: “My hart breek vir Waldemar Schultz. Die foto in die koerant waar hy sy seun se hand vashou…..”

Heinz Winckler skryf: “My hart breek vanoggend vir Waldemar Schultz en sy familie se tragedie met hul seun. Ons bid saam vir julle.”

Soli Philander skryf: “Hartverskeurende nuus oor die dood van Waldemar Schultz se seun. Ek dink aan die familie. RIV Kieran.”

Wicus van der Merwe skryf: “Wil darem ook net na alles vandag my innige meegevoel betuig aan Waldemar Schultz met die verlies van sy seun. Sterkte.”

Hykie Berg skryf: “Waldi ons almal dink aan jou. Ons staan bankvas agter julle.”

Kurt Darren se vrou, Dunay, skryf: “Dink so baie aan Waldemar Schultz en sy familie… hoe ontsaglik hartseer om ʼn kind te verloor en dan so tragies ook nog.”

Kieran se begrafnisreëlings is nog nie in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Geen mens kan ooit die leemte vul van ‘n kind se afsterwe nie. Julle bly in my gedagtes en gebede. RUS IN VREDE JONGMAN.

Rina Becker ·

Dis bitterlik hartseer en my hart bloei vir Waldemar en Ida. Mag GOD self julle trane afvee en julle dra in die moeilike tyd! Sterkte aan die familie en vriende van Kieran! Rus sag Kieran xx

Fransina Kloppers ·

Ons bid vir Jesus se vertroosting in hierdie moeilike tyd!

Carmen Brewis ·

Ai Waldi en gesin;
Woorde kan nie beskryf hoe jammer ek julle het nie. Ek wens mens kon die tyd terugdraai, maar ongelukkig … Mag God Self julle troos.
Groete
Carmen Brewis

Martie Bredenkamp ·

Geen woord kan hierdie groot hartseer beskryf nie. Bid dat ons Hemelse Pappa jul as gesin deur hierdie baie groot hartseer tyd sal dra en jul teen Sy bors sal druk en jul sal verseker, Hy, ons Hemelse Pappa sal saam met julle deur hierdie hartseer tyd stap, Hy sal julle nooit los nie. Rus sag by Jesus se voete seun Kieran. Van ‘n mamma wat die seer ken.

amy ·

My hart is stukkend saam hulle. Dink die heeltyd aan hulle. Woorde is daar nie. Die seer is te erg .

lettie cronje ·

My innige meegevoel met die dood van jul geliefde seun! Ek kan my nie eers indink hoe julle moet voel nie! Ons dink en bid vir julle in hierdie hartseer tyd!

Marthie van Vuuren ·

Net die Skepper wat hom vir julle geleen het; kan julle werklik vertroos, versterk en wees
wat julle nodig het in hierdie tyd en tye wat nog kom Bid vir julle – dat julle by Jesus se voete
sal bly sit – in Sy kosbare teenwoordigheid en Sy liefde sal ervaar – altyd Marthie

Louwrita & Ebeth van blerk ·

Aan hierdie familie in rou wil ons se, ons het ons enigste seun, Rozier van Blerk 2005 verloor, na aanranding van ‘n gewese Polisiehoof se 2 seuns, daarna is hy vir 600m gesleep – nooit, ooit hou jy op treur nie – jy gaan as ‘n gestremde deur die lewe – maar daar is soveel mooi herinneringe wat ons met ons saamdra dat ons net in die verlede wil bly leef. Ons troos ons daaraan dat ” het U (God) dan nie self die lig en skadukolle van elke hart na U goeddunke vir elkeen van U kinders beskik nie ? Al lyk die nag so lank, Here, vorentoe, weet ek, SKYN DIE SON – baie sterkte julle is in ons gebede !

Christo Herbst (Beira,Mozambique) ·

Hartseer,skok en ongeloof ……….!Nou hier en netnou weg vir altyd,
Net God kan vir julle die krag gee om aan te gaan,ons hier op aarde kan net vir julle bid en weet dit doen ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.