Bekendes veg teen plaasaanvalle

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ʼn beroep op kunstenaars en ander meningsvormers gedoen om hulle stemme by dié organisasie se veldtog te voeg om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te laat verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid tot stand te laat bring. Verskeie kunstenaars het die afgelope week in reaksie hierop geantwoord dat hulle by die veldtog sal inskakel. Die kunstenaars sluit Steve Hofmeyr, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Gerrie Pretorius en Adam Tas in.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat kunstenaars nie hulle invloed moet onderskat nie. “Kunstenaars het ʼn belangrike rol om te speel om buite partypolitiek ʼn standpunt in te neem oor sosiale kwessies wat hul ondersteuners raak.

AfriForum sal aanstaande week ʼn dosyn projekte aankondig wat hulle in die komende maande van stapel sal stuur. Kunstenaars en die publiek sal daarby betrek word. Die volledige lys van kunstenaars wat by die veldtog sal inskakel sal later vandeesmaand tydens ʼn aandfunksie in Pretoria aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie Griffiths ·

Dit is n wonderlike idee..baie dankie aan Steve’hulle wat bereid is om vir die belangrike saak op te staan en sê Genoeg is genoeg…..Die kunstenaars se sê het deffinetief n beter trefkrag as myne en Jan alleman sin…Weet net ons waardeer julle moedigheid Liefde vir julle*xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.