Bekkersdal-betogings kos miljoene

Maandag in Bekkersdal. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maandag in Bekkersdal. Foto: Werner Beukes / SAPA

Betogings oor dienslewering in Bekkersdal oor die afgelope ses weke in Westonaria in die weste van Johannesburg, het al skade van sowat R11,2 miljoen aan munisipale geboue aangerig, het Beeld Dinsdag berig.

Kgabane Madiehe, woordvoerder van die Westonaria-munisipaliteit, het Maandag gesê die Paul Nel-gemeenskapsaal, ’n aangrensende gimnasium, ’n mobiele biblioteek, die Bekkersdal-munisipale kantore en die middestad is deur betogers verniel en beskadig.

Volgens hom sal dit na verwagting R4,8 miljoen kos om die gemeenskapsaal en gimnasium te herstel, terwyl skade aan die munisipale kantore en die middestad onderskeidelik R2,6 miljoen en R3,2 miljoen beloop. Dit sal sowat R600 000 kos om die mobiele biblioteek weer te herstel.

Die betogers beskuldig die munisipaliteit van korrupsie en die gemeenskapsaal is verlede week twee keer aan die brand gesteek.

– SAPA

Lees ook:
Foto’s: Jonges maak amok in Bekkersdal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Ai, om te kwaad te wees is een ding, maar om die gemeenskap se eiendom te beskadig, is ‘n ander. Sal dit nooit kan verstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.