Bekommernis oor vragmotorbestuurder-staking

Honderde vragmotorbestuurders regoor die land sal, na verwagting, Maandagoggend met ‘n staking begin.

Loononderhandelinge tussen vakbonde, insluitend die vervoerwerkersvakbond, Satawu, en die werkgewers het vasgeval, berig EWN. Vakbonde dring aan op ‘n 9% verhoging. Die Road Freight Employers Association (Refa) het ‘n alternatiewe aanbod vir die vakbonde voorgestel, en verwag ‘n reaksie Maandag of Dinsdag dié week.

Zenzo Mahlangu, algemene sekretaris van Satawu, het gewaarsku dat die staking die aflewering van brandstof, kos, steenkool en ander goedere sal beïnvloed. “Volgens wat ek verstaan gaan die vragmotorbestuurders Sondag of Maandag begin staak. Ons verwag dat ‘n groot aantal lede gaan staak, maar dat ons eers van Dinsdag af die impak gaan beleef wanneer die staking momentum kry,” het Mahlangu gesê.

Volgens Mahlangu sal die gemiddelde persoon deur die staking geraak word indien die staking tot Woensdag toe duur. “Dit is wanneer mense die verskil gaan agterkom, wanneer daar ‘n tekort aan brandstof en kos gaan wees,” het hy bygevoeg.

Margretia Brown-Engelbrecht, woordvoerder van Refa, het gesê hulle het gebeurlikheidsplanne gereed. “Ons aanvaar dat al ons lede reg is om te staak, en ons sal voorbereid wees vir enige stakingsaksie wat dalk volg,” het sy gesê.

Intussen het die ekonoom Mike Schussler gesê die brandstofsektor gaan die ergste hierdeur geraak word. “Ek verwag nie dat daar in die eerste twee of drie dae ‘n probleem gaan wees nie, maar dit gaan verseker later ‘n probleem word. Soms laat die regering soldate of polisielede toe om die brandstoftenkers te vergesel, indien dit nodig is,” het Schussler gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert Kruger ·

Ek ontvang die onderstaande e-posberig i v m die voorgenome staking. Die bron word nie vermeld nie. Die hoofstroommedia dra ook geen berig daaroor nie. As jy daaroor Google onder die sleutelwoord(e) “Satawu staking” dan kom daar ‘n magdom inligting na vore oor Satawu-stakings of moontlike stakings. Mens wonder hoeveel keer wil hulle nog staak voordat hulle begin om te werk en of hulle huidige dreigement om te staak, ernstig opgeneem moet word?

NEEM KENNIS:

1. SATAWU General Secretary Zenzo Mahlangu has warned that the strike will stop the delivery of fuel, food, coal and other goods.

2. We expect that they will strike in numbers, but that effect will be seen on Tuesday when it

gradually gains momentum.”

3. the average person will feel the effects of the strike if it continues into Wednesday.

4. “That is when they will see the difference because there will be a shortage in fuel and food.”

5. The fuel sector will bear the brunt of this strike.
[Herhaal, brandstof tenkers, vat brandstof weg en die land word
lam gelê, dit reeds gister uitgelig.]

6. “I don’t expect that to be a problem in the first two or three days, it will only become a problem later. Sometimes the government allows soldiers or police to escort fuel tankers, if need be.”
[Hierdie staking gaan moeilik beheer word, daar gaan waarskynlik nie drywers wees om deur SANDF of SAPD te begelei nie].

Hierdie Transport Staking se tydlyn is haarfyn beplan, mense se maand einde geld is nog nie beskikbaar nie, teen die tyd wat dit beskikbaar is, is die koeël deur die kerk en winkel rakke leeg.

My raad aan mense hier is, waar haalbaar gaan vandag en koop wat nodig is [geen “luxury] slegs nood kosvoorraad, medikasie, water, vir die volgende 10 – 14 dae.

Moet NIE hierdie Transport Staking ligtelik opneem nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.