Bekroonde rolprentmakers sterf in helikopterongeluk

Andrew Wight (links) en James Cameron (regs) Foto: AFP

Bekroonde Amerikaanse fotograaf Mike deGruy en Australiese televisie skrywer-vervaardiger Andrew Wight is in ʼn helikopterongeluk in die ooste van Australië dood, het National Geographic gesê.

Polisie sê die Australiese helikoptervlieënier en sy Amerikaanse passasier is Saterdag op die toneel dood toe hulle neergestort het net na hulle by ʼn aanloopbaan naby Nowra, 156 km noord van Sydney opgestyg het. National Geographic en Australiese regisseur David Cameron het Sondag in ʼn verklaring die slagoffers se identiteit bekend gemaak en gesê “die diepsee-gemeenskap het twee van die beste verloor” met die afsterwe van die twee onderwaterdokumentêr-spesialiste. David Bennett, president van Australië se Suidkus Ontspanningsvliegklub, het gesê die twee was glo op pad om ʼn dokumentêr te verfilm toe hulle neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.